Influential factors in the application of flute vibrato

Minette Mare · SUNScholar (Stellenbosch University) · 2008

Dié tesis handel oor die toepassing en gebruik van vibrato in moderne fluitspel.Vibrato is 'n uiters subjektiewe onderwerp, dus het die navorser dit goed gedink om soveel moontlik toepaslike inligting aan die leser te gee sodat die leser onafhanklike gevolgtrekkings en opinies kan vorm.Daar word nie net na die fluit as solo-instrument verwys nie, maar ook na die fluit se rol as ensemble-instrument.Die grootste fokus lê in die vergelyking van toonproduksie op die fluit teenoor toonproduksie op ander instrumente.Deur meer inligting hieroor aan die leser te verskaf, beoog die navorser om fluitspelers te help om makliker by ander timbres en instrumente te kan aanpas.Die fisika en fisiologie van die produksie van vibrato word ook aangeraak.Hierdeur poog die navorser om fluitspelers te help om uit 'n meer objektiewe oogpunt na vibrato te kyk.Die doel van hierdie kennis is om fluitspelers te help in die analise van nie net hul eie klank nie, maar ook dié van hul ensembles.Die einddoel van hierdie tesis is om fluitspelers in staat te stel om genoeg kennis te hê om 'n ingeligte besluit te kan neem ten opsigte van die toepassing van vibrato, asook die tipe vibrato wat hulle gebruik.5

Read the paper · More papers on PaperTik