In search of sufficient vocabulary: testing the vocabulary levels of undergraduate students

P. A. Cooper · South African Journal of Linguistics · 1995

Die studie veronderstel dat daar 'n diskrepansie is tussen die akademiese woordeskat wat verwag word van die voorgraadse student en die student se beheer van die leksikon veral in die geval van die swakker student. Om die aanname te ondersoek kyk hierdie studie na die aard van die verband tussen akademiese sukses en die grootte van die woordeskat van eerstejaar universiteitstudente. 'n Woordeskattoets is ontwerp om die leksikale kennis van hierdie studente in 'n spesifieke vakgebied te bepaal. Die toets is gebaseer op die woordeskat in 'n studiegids, wat geanaliseer is en opgedeel is in frekwensievlakke om die benaderde moeilikheidsgraad van elke leksikale item te bepaal. Die toetsresultate is hierna vergelyk met elke student se eksamenresultate in daardie vakgebied. Die resultate toon dat daar 'n beduidende verband is tussen akademiese sukses en woordeskatgrootte. Woordeskat blyk dus 'n betroubare indeks van akademiese sukses te wees en 'n toepaslike en ekonomiese meganisme om studente te identifiseer wat addisionele of oorbruggingsonderrig benodig.

Read the paper · More papers on PaperTik