Generalized phrase structure grammar: a survey
Leoni Bouwer, H. C. Janeke, Barbara Swart · South African Journal of Linguistics · 1995
In hierdie artikel gee ons 'n oorsig oor die basiese meganismes en formele beginsels onderliggend aan die sintaktiese teorie wat bekend staan as Generalized Phrase Structure Grammar, kortweg GPSG. In hoofsaak is GPSG 'n uitbreiding van standaard konteksvrye grammatika bestaande uit 'n aantal skematiese reëls, 'n versameling kenmerke en instansiëringsbeginsels wat verskeie interessante aspekte van natuurlike tale kan hanteer. Ons gee 'n uiteensetting van die hoofkomponente van die teorie en bespreek toepassings met betrekking tot onbegrensde afhanklikheid en koördinasie. Ten slotte verwys ons na die relevansie van die teorie vir rekenaarlinguistiek en leerteorie.