The design of CAN nodes for minimising cables on the SUNSAT's TCMD system

Rendani D. Musetha · SUNScholar (Stellenbosch University) · 2003

Die doel van hierdie tesis is om die ontwerp van 'n mikro-beheerder gebaseerde stelsel wat die SUNSA T mikro-satelliet kabel harnas sal verklein, te ondersoek.Die stelsel word die CAN nodus genoem.Die CAN nodus implementeer die CAN (Controller Area Network) bus argitektuur protokol.Die protokol is op twee nodusse geïmplementeer om data vanaf die TCMD na ander laaie van SUNSAT te voer.Die CAN nodus ontwerp fokus op die TCMD laai, want dit is die sentrale punt vir data kommunikasie in SUNSA T en dit tree soos die oog en hande van die satelliet operateur op.As 'n gevolg, is die meeste van die kommunikasie kabels in hierdie laai.Die twee nodusse is genoem TXnodus en RX-nodus.TX-nodus word gebruik om die data van die TCMD af te kollekteer en dan versprei hulle tot hulle onderskeie nodusse.In die toepaslik moet daar tien RX-nodusse wees, maar net een is gebruik terwille van die toets.Die ontwerp het sy eie tekortkomings, wat in hierdie tesis bespreek word.Die rekommendasie van 'n ideale stelsel is ook gemaak om te bewys hoe die stelsel dit in 'n ware situasie moet gedra.Ongeag die tekortkomings daarvan, het die CAN-nodus projek suksesvol bewys dat die kabel harnas in die TCMD laai van SUNSAT kan verminder word deur die gebruik van die CAN tegnologie.

Read the paper · More papers on PaperTik