Traffic Engineering using Multipath Routing Approaches

Gaston K. Mazandu · SUNScholar (Stellenbosch University) · 2007

It is widely recognized that Traffic engineering (TE) mechanisms have to be added to the IP transport functionalities to provide QoS guarantees while ensuring efficient use of network resources.Traffic engineering is a network management technique which routes traffic to where bandwidth is available in the network to achieve QoS agreements between current and future demands and the available network resources.Multi-path routing has been Opsomming Dit word algemeen aanvaar dat verkeersontwerp (traffic engineering) meganismes by die Internetprotokol (IP) vervoerfunksionaliteite bygevoeg moet word sodat kwaliteitdiens (Quality of Service) sowel as die effektiewe gebruik van netwerkbronne gewaarborg kan word.Verkeersontwerp meganismes is netwerkbeheertegnieke wat verkeer roeteer na waar daar genoeg bandwydte beskikbaar is sodat die nodige kwaliteitdiens ooreenkomste tussen die huidige en toekomstige aanvraag en die beskikbare netwerkbronne vervul kan word.Multipad roetering is bewys om 'n meer effektiewe verkeersontwerp meganisme as kortste-padeerste (Shortest Path First) roetering te wees in terme van wins maksimering en brongebruik optimering.Nietemin, die identifisering van 'n versameling paaie waaroor verkeer van beginpunt tot indpunt gestuur kan word en die verdeling van verkeer tussen hierdie paaie, is twee kwelpunte wat wyd aandag geniet in die IP gemeenskap, maar dit bly 'n onopgelosde vraag vir die ontluikende generasie IP netwerke.Hierdie tesis bou voort op verskillende raamwerke en hersien die uitvloeisel van multi-pad roetering om die werkeng van verskillende verkeersverdeling meganismes om kwaliteitdiens roetering in Multiprotokol Etiketwisseling (Multi-Protocol Label Switching) (MPLS) en Draadlose Sensor Netwerke (Wireless Sensor Networks) (WSNs) te verrig, voor te stel en te evalueer.Drie hoofbydraes word in die tesis geïdentifiseer.Eerstens, 'n optimeringsmodel wat the M/M/1 toustaan model op 'n eenvoudige netwerk bestaande uit 'n enkele begin-indpunt paar gebruik, word uitgebrei na die M/M/s toustaan model op 'n algemene netwerk bestaande uit verskeie begin-indpunt pare.Die model los 'n multipad roeteringsprobleem op deur 'n Hamiltonaan as funksie van vertraging te definieer en hierdie funksie te onderwerp aan Pontryagin se koste minimering om effektiewe verdeling van verkeer oor die beskikbare parallelle paaie te bewerkstellig.Tweedens, hersien ons iv v die probleem van koste-gebaseerde optimering in 'n multi-pad opstelling deur 'n Spelteoretiese raamwerk te gebruik vir die voorstelling en evalueering van die werking van kompeterende en meewerkende multi-pad roeteringskemas, en die impak van die roetering koste-maatstaf op die verskil tussen hierdie twee skemas te meet.Laastens, deur voort te bou op 'n voorheen voorgestelde optimering maatstaf (benchmark), stel ons 'n Energie beperkde kwaliteit-diens roeteringskema vir Draadlose Sensor Netwerke voor en wys deur simulasie dat ons skema die maatstafskema oortref.with me on and on, even when my ideas weren't clear sometimes.For his unlimited help and dedication through the whole process, for helping me beyond his duties at a human level, my sincere thanks.A special thanks to Prof. Antony Krzesinski the co-ordinator of the

Read the paper · More papers on PaperTik