The non–lexical maximal projection split
Henny Broekman · South African Journal of Linguistics · 1994
Een van die sentrale gedagtes in die resente generatiewe sintaksis soos ontwikkel deur Chomsky, is dat die X-balk-teorie uitgebrei moet word deur twee ekstra nieleksikale kategorieë by te voeg, te wete I en C, naas die leksikale kate-gorieë N, A, V, P. Om die generering van grammatikale sinne in Engels en Romaanse tale te vereenvoudig, stel Pollock en Belletti respektiewelik voor dat die nieleksikale konstituerende eenhede van infleksie opgedeel moet word sodat twee addisionele maksimale projeksies ontstaan, naamlik tydsprojeksie en kongruensieprojeksie. Om die uitson-derlike gedrag van die negatiewe sinsadverbiaal te akkommodeer, sal aan negasie 'n aparte maksimale projeksie toe-geken word. Omdat Beukema & Rigter die inisiëerders van die bostaande gedagtes is, sal hulle analise, wat gebaseer is op Weerman, krities bespreek word.